Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 43:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Die hongersnood in Kanaän het vererger.

2. Toe die kosvoorraad amper op was, het Jakob gesê: “Gaan terug Egipte toe en kyk of daar nog kos is vir ons.”

3. Juda het egter gesê: “Ons kan nie, Pa. Die man het uitdruklik gesê ons kom nie sonder Benjamin daar aan nie.

4. Eers as Pa toestem dat ons Benjamin kan saamvat, sal ons vertrek en kos gaan haal.

5. Solank Pa weier, kan ons dit nie in Egipte waag nie. Die man het ons oor en oor gewaarsku om nie sonder Benjamin by hom aan te kom nie.”

6. “Waarom maak julle dit vir my so moeilik?” het Jakob gevra. “Waarom het julle hom van Benjamin staan en vertel?”

7. Hulle het geantwoord: “Omdat die man so knaend was, Pa. Hy het ons aanmekaar oor ons familie uitgevra. Hy wou weet of Pa nog leef en of ons nog ’n ander broer het. Daar was geen uitkomkans nie. Hoe moes ons nou geweet het dat hy sou sê dat ons ons broer na hom toe moet bring?”

8. Juda het toe gesê: “Pa, gee nou die kind vir my en laat ons tog net gaan. Hoe langer ons wag, hoe erger word dit. As Pa nog wil hê dat ons en ons kinders moet bly leef, moet ons onmiddellik vertrek.

9. Ek sal volle verantwoordelikheid vir Benjamin neem en ek sal vir hom sorg. U kan my verantwoordelik vir hom hou. As ek hom nie veilig terugbring nie, is ek lewenslank aan sy dood skuldig.

10. As ons nie so lank getalm het nie, kon ons al ten minste twee keer Egipte toe en terug gewees het.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 43