Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 38:20-25 Die Boodskap (DB)

20. Juda het toe sy vriend, Gira van Adullam, met die boklam gestuur. Hy moes ook Juda se besittings terugbring. Gira kon Tamar egter nêrens kry nie.

21. Hy het naderhand die plek se mans begin uitvra: “Waar is die prostituut wat by Enaim langs die pad gesit het?”“Daar was nog nooit ’n prostituut hier nie,” het hulle geantwoord.

22. Gira is toe met boklam en al terug en het vir Juda gesê: “Ek het oral gesoek, maar ek kon haar nie kry nie. En die ergste is dat die dorpsmense sê daar was nog nooit ’n prostituut daar nie.”

23. Juda het geantwoord: “Nouja, dan moet sy maar die goed hou. As ons langer soek, gaan die mense net vir ons lag. Ek het my deel gedoen en die boklam gestuur, maar jy kon haar nie kry nie. Ons kan nou niks meer doen nie.”

24. Ongeveer drie maande later het hulle vir Juda van Tamar kom vertel. “Jou skoondogter,” het hulle gesê, “het haar soos ’n prostituut gedra en nou verwag sy nog boonop ’n kind.”Juda was woedend en het geskreeu: “Gaan haal haar sodat sy verbrand kan word.”

25. Hulle het Tamar gegryp en haar nader gesleep. Gelukkig kon sy betyds vir haar skoonpa ’n pakkie met ’n boodskap daarby stuur. “Meneer,” het sy gesê, “die man aan wie hierdie goed behoort, is die pa van die kind. Kan Meneer dalk vasstel aan wie die seëlring met sy kettinkie en die kierie behoort?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 38