Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21:23-34 Die Boodskap (DB)

23. Dit is waarom jy my vandag iets voor God moet beloof. Jy moet my jou woord gee dat jy altyd vir my goed sal wees. Ook vir my kinders en hulle kinders, ook vir hierdie land en al sy mense. Onthou, ek was ook vir julle goed. Destyds toe jy en jou vrou by ons was, was ek goed vir julle.”

24. Abraham het geantwoord: “Goed, ek beloof dit.”

25. Abraham het Abimelek egter van ’n slegte voorval by ’n waterput vertel. Abimelek se manne het op ’n dag die put vir hulleself gevat en Abraham se mense kon dit toe nie meer gebruik nie.

26. Abimelek was ontsteld hieroor en het gesê: “Ek weet nie wie so iets gedoen het nie. Waarom het jy my nie vroeër vertel nie? Dit is die eerste woord wat ek daarvan hoor.”

27. Toe het Abraham skape en beeste gevat en vir Abimelek gegee. Hulle het ’n ooreenkoms met mekaar gemaak.

28. Abraham het toe sewe skaaplammers in die trop gevang.

29. Abimelek het hom verbaas gevra: “Wat doen jy nou? Wat beteken hierdie sewe skaaplammers wat jy eenkant gesit het?”

30. Abraham het geantwoord: “Met hierdie skaaplammers wat ek jou gee, wil ek vir jou sê dat ek self hierdie put gegrawe het en dat dit myne is.”

31. Tot vandag toe word hierdie plek Berseba genoem (wat “put van sewe” of “put van eed” beteken). Dit is waar Abraham en Abimelek ooreengekom het om altyd vir mekaar goed te wees.

32. Na die ooreenkoms by Berseba het Abimelek en sy leërhoof, Pikol, weer na die Filistyne se land teruggekeer.

33. Abraham het ’n tamarisk by Berseba geplant en daar gebid. Hy het die Here, die ewige God, daar aangeroep.

34. Abraham het nog vir baie jare in die land van die Filistyne gewoon.

Lees volledige hoofstuk Genesis 21