Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 6:3-6 Die Boodskap (DB)

3. “Het ons Mordegai ooit hiervoor beloon of aan hom eer bewys?” wou die koning weet. “Nee,” het sy kamerpersoneel geantwoord. “Hy het niks gekry nie.”

4. “Wie is daar in die voorportaal?” wou die koning weet. Want op daardie oomblik het Haman in die voorportaal van die paleis aangekom om vir die koning te kom vra om Mordegai aan die galg, wat hy klaar gebou het, te laat ophang.

5. “Dis Haman wat daar staan,” sê die paleisamptenare toe. “Nou laat hom inkom” sê die koning.

6. Nadat Haman ingekom het, vra die koning vir hom: “Daar is iemand wat ek wil vereer. Wat moet ek vir hierdie man doen?” Haman dink toe so by homself: “Aan wie anders as aan my sou die koning eer wou bewys?”

Lees volledige hoofstuk Ester 6