Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 6:10-14 Die Boodskap (DB)

10. Toe sê die koning vir Haman: “Vat dadelik die kleed en die perd en gaan gee dit vir Mordegai, die Jood wat daar by die hek van die paleis sit. Jy moet alles doen wat jy voorgestel het.”

11. Haman het toe die kleed en die perd gevat, die kleed om Mordegai gehang, hom op die perd laat klim en hom toe oor die stadsplein gelei. So ver hulle gegaan het, het hy uitgeroep: “So lyk dit as die koning aan iemand eer bewys!”

12. Daarna het Mordegai teruggegaan na die paleishek toe. Haman is egter hoogs ontsteld en vernederd terug na sy eie huis.

13. Daar het hy vir sy vrou, Seres, en sy vriende alles vertel wat met hom gebeur het. Toe het sy en sy raadgewers vir hom gesê: “Aangesien Mordegai, die man wat jou verneder het, ’n Jood is, sal jou planne teen hom nie slaag nie. Hy gaan beslis jou ondergang beteken.”

14. Hulle was nog besig om te praat toe die paleisbeamptes haastig inkom om Haman te kom haal vir Ester se ete.

Lees volledige hoofstuk Ester 6