Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:5-11 Die Boodskap (DB)

5. Maar God het die leiers van die Judeërs beskerm. Hy het gesorg dat die amptenare hulle toelaat om aan te gaan met die bouery terwyl hulle gewag het vir ’n antwoord op die brief wat hulle vir koning Darius geskryf het.

6. Hier is nou ’n afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur van Wes-Eufraat, saam met Setar-Bosnai en die ander Persiese amptenare vir koning Darius geskryf het.

7. In die brief het gestaan:Aan koning Darius. Ons groet die koning.

8. Ons wil aan die koning rapporteer dat ons na die hoofstad van Juda gegaan het. Daar word in Jerusalem ’n tempel gebou van gekapte klip en houtbalke wat in die muur vasgesit word. Hulle werk hard. Die werk vorder vinnig.

9. Ons het vir die voormanne by die werk gevra wie vir hulle gesê het hulle mag voortgaan om die tempel te bou en dit klaar te probeer maak.

10. Ons het hulle gevra om vir ons die name van hulle leiers te gee sodat ons dit vir u kan gee.

11. Hulle het ons geantwoord: “Ons aanbid die God van die hemel en die aarde. Ons is besig om ’n tempel vir Hom te bou. Die tempel is lank terug die eerste keer deur ’n groot koning van Israel gebou.

Lees volledige hoofstuk Esra 5