Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 9:6-11 Die Boodskap (DB)

6. Maak die laaste een dood, of hy oud of jonk is, ’n meisie of ’n vrou of klein kindertjies. Die enigstes aan wie julle niks mag doen nie, is die mense wat deur hierdie man gemerk is. Begin sommer hier as julle by my huis uitstap.” Die manne het toe dadelik die 70 leiers doodgemaak wat voor vreemde afgode offers gebring het.

7. “Maak my huis onheilig; sorg dat niemand hier enige godsdienstige aktiwiteite kan verrig nie,” het die Here toe beveel. “Maak die area rondom my huis vol van die lyke van mense wat deur julle doodgemaak is! Gaan nou!” Die manne het toe deur die stad gegaan en presies gedoen soos die Here hulle beveel het om te doen.

8. Ek het gesien hoe hulle die opdrag uitvoer. Ek was alleen. Toe het ek met my gesig op die grond voor die Here neergeval en gepleit: “Ag, Here my God, gaan U almal in Israel doodmaak omdat U woedend is oor Jerusalem se slegte dade?”

9. Toe sê Hy vir my: “Die slegte dade van die mense van Israel en Juda het by die dag net al hoe meer geword. Hulle hele land is vol moorde wat gepleeg is. Die hele stad is vol slegte dade. En dan sê die mense so ewe: ‘Die Here sien mos nie wat ons doen nie! Die Here is nie meer in hierdie land nie. Hy is weggevoer saam met die gevangenes wat uit die stad na ’n vreemde land geneem is!’

10. Daarom gaan Ek nie een van hulle spaar nie. Ek gaan niemand jammer kry nie. Ek gaan hulle terugbetaal vir al die slegte dade wat hulle gedoen het.”

11. Hierna het ek die man sien terugkom wat in die huis van die Here diens doen en wat ’n pen en ’n boek gedra het. Hy het kom sê: “Ek het alles gedoen wat U gesê het ek moet doen.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 9