Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 5:7-13 Die Boodskap (DB)

7. Sy was selfs nog slegter as die nasies wat rondom haar was. Sy het geweier om die wette na te kom wat Ek vir haar gegee het om te gehoorsaam.

8. Daarom,” sê die Here, Esegiël se God, “word Ek die Een wat teen jou gaan veg, Jerusalem. Ek self gaan jou straf, terwyl al die ander volke toekyk.

9. Ek gaan jou swaarder straf oor jou afskuwelike optrede as wat Ek enigeen nog ooit gestraf het of ooit weer sal straf.

10. Wanneer dit gebeur, sal ouers hulle eie kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. So erg sal die hongersnood wees. Selfs die paar mense wat die ramp oorleef, sal Ek straf deur hulle tot aan die uithoeke van die aarde te verstrooi, ver van hulle eie land af.

11. “Ek sweer by Myself,” sê die Here, Esegiël se God, “dat Ek julle heeltemal van My af sal losmaak. Ek sal geen genade aan julle bewys nie omdat julle die plek waar Ek woon, vuil gemaak het met julle afskuwelike afgode en slegte dade.

12. ’n Derde van jou mense sal in die stad doodgaan deur die groot hongersnood en deur pessiektes. ’n Derde van die mense in die stad sal deur die vyand doodgemaak word wat rondom die stad gaan wees. En ’n derde sal vlug en oor die hele aarde verstrooi word, en Ek sal hulle met oorloë en moeilikhede agtervolg.

13. Dan eers sal my woede oor hulle slegte dade bedaar en sal Ek tevrede wees. En dan sal Israel besef dat Ek, die Here, met hulle gepraat het en hulle gewaarsku het oor hulle slegte dade. Hulle sal verstaan dat Ek dit gedoen het omdat Ek hulle liefhet.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 5