Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 5:14-17 Die Boodskap (DB)

14. “Ek verander Jerusalem in ’n ruïne. Al die nasies wat rondom jou bly, sal met Jerusalem spot. En almal wat naby die stad verbygaan, sal ook met die puinhope die spot dryf.

15. Al die mense sal vir jou lag en jou spot. Jy sal ’n waarskuwing wees aan ander dat God se oordeel hulle ook gaan tref as hulle nie dadelik ophou met hulle slegte dade nie. Hulle sal sien hoe Ek die volk in my woede straf as Ek jou die dag vir jou dade laat boet.

16. “Ek sal elke dag op julle skiet totdat Ek julle uitgeroei het, mense wat in Jerusalem bly. Ek sal julle skiet met ’n tekort aan kos wat al erger sal word totdat julle van die honger doodgaan omdat elke krummeltjie kos gedaan is. Die hongersnood sal al erger word totdat niemand meer kan oorleef nie.

17. Ja, Ek stuur ’n hongersnood. Wilde diere en roofdiere sal julle aanval en julle kinders doodmaak. Ek stuur pessiektes en oorlog teen julle. Ek stuur die vyand wat julle met oorlog sal uitroei. Ek, die Here, het met julle gepraat.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 5