Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 45:1-5 Die Boodskap (DB)

1. “Wanneer Ek die volk terugbring na hulle eie land, moet julle loot oor wie waar gaan bly. Maar dan moet julle ’n stuk grond van twaalf en ’n half kilometer lank en tien kilometer breed eenkant sit. Dit behoort aan My. Niemand mag daarop werk nie. Dit moet eenkant gesit word vir My.

2. Hiervan moet ’n stuk van 250 vierkante meter vir die huis van die Here eenkant gesit word. Rondom moet julle ’n oop strook van 25 meter los.

3. Van hierdie stuk grond wat julle afgemeet het, moet die huis van die Here gebou word op ’n stuk wat twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed is. Hierdie is die woning van die God wat heeltemal anders as mense is.

4. Hierdie stuk grond behoort aan die Here. Dit is eenkant gesit vir diens aan Hom. Die mense wat in my huis werk en wat by die altaar mag kom om die diens aan die Here te verrig - dis hulle grond. Op hierdie grond kan hulle vir hulle huise bou. Dis deel van die grond wat aan die huis van die Here behoort.

5. Daar bly nog ’n stuk van hierdie grond oor. Dit is ’n gedeelte wat twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed is. Hierdie grond gee Ek vir die ander mense wat in my huis diens doen. Hulle kom nie tot voor My nie, maar hulle werk in my huis. Hierdie grond behoort aan hulle. Hulle mag daar woon.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 45