Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 4:14-17 Die Boodskap (DB)

14. Toe sê ek vir die Here: “Ag, Here my God, moet ek myself regtig gaan staan en vuil maak deur menslike uitwerpsel te gebruik? Ek het myself nog nooit in my hele lewe met sulke dinge vuil gemaak nie. Vandat ek ’n kind was tot nou het ek nog nooit ’n dier geëet wat van siekte gevrek het of wat dood in die veld gekry is nie. En ek het ook nog nooit enige dier geëet wat ons wet ons verbied om te eet nie.”

15. “Goed,” sê die Here toe. “Jy mag jou brood op beesmis gaarmaak in plaas van op menslike uitwerpsel.”

16. Die Here sê toe verder vir my: “Mens, die inwoners van Jerusalem gaan honger ly. Ek gaan sorg dat kos baie skaars word. Kos sal met ’n skaal geweeg word en mense sal dit met angstigheid eet. Selfs die water sal geweeg word, druppel vir druppel, so skaars gaan dit wees. En mense sal verslae wees terwyl hulle die water drink.

17. Kos en water sal so skaars wees dat mense mekaar sal wantrou omdat hulle bang is iemand steel hulle voorraad. En dit sal wees omdat my oordeel op die volk rus oor hulle sondige dade en hulle opstandigheid.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 4