Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 4:1-5 Die Boodskap (DB)

1. “Mens, gaan vat ’n baksteen. Sit die steen reg voor jou neer. Trek dan ’n kaart van die stad Jerusalem daarop.

2. Maak nou of jy ’n vyand is wat teen die stad optrek en die stad probeer oorwin. Bou ’n kamp vir jou soldate buite die stad. Rig jou wapens op die stad. Val die stad aan.

3. Vat dan ’n plaat wat van yster gemaak is en plaas die plaat tussen jou en die baksteen. Daar moet ’n muur van yster tussen jou en die stad wees. Kyk in die stad se rigting. Wys ook hoe die vyand die stad Jerusalem aanval. Laat jou optrede ’n waarskuwing aan Jerusalem wees oor wat op hulle wag: die vyand gaan hulle stad oorwin.

4. “As jy hiermee klaar is, gaan lê op jou linkersy. Maak of jy al die sondes van jou volk Israel op jou neem. Jy gaan vir die hele tyd wat jy so lê Israel se sondes dra.

5. Hulle het 390 jaar teen My gesondig. Gaan lê op jou linkersy vir 390 dae, ’n dag vir elke jaar.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 4