Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 2:8-9-10 Die Boodskap (DB)

8. “En jy moet mooi luister na wat Ek nou vir jou gaan sê. Pas op dat jy nie ook teen My in opstand begin kom soos hierdie volk nie. Pas op dat jy nie ook later ’n rebel word soos die mense vir wie jy my boodskap moet gaan verkondig nie. “Maak nou oop jou mond. Ek wil vir jou iets gee wat jy moet eet.”

9-10. Ek het toe ’n hand gesien wat na my uitgesteek word. Die hand het ’n boek vasgehou. Dié boek was op die voorblad en die agterblad, en aan al die kante volgeskryf met iets. Ek het stip na die boek gekyk en probeer lees wat daarop geskryf staan. Ek sien toe dit is liedere wat baie hartseer mense sing, mense wat treur oor die dood van iemand vir wie hulle baie lief was. Daar was ook liedere wat mense by die graf sing as hulle iemand begrawe wat baie naby aan hulle was.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 2