Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Hulle het vir die tent die altaar gemaak waarop die offers verbrand moes word. Dit is van akasiahout gemaak: twee en ’n half meter breed op die sye en een en ’n half meter hoog.

2. Op elke hoek het hulle ’n uitsteeksel vasgesit wat soos ’n beeshoring lyk. Hulle het die hele altaar met koper oorgetrek.

3. Ook die gereedskap wat by die altaar gebruik moes word, is van koper gemaak. Daar was potte om die as in te krap, skoppe om dit op te skep, komme, vurke en panne om kole in te dra.

4. Hulle het ook ’n rooster van koper vir die altaar gemaak. Dit is aan die boonste helfte van die altaar vasgesit waar dit tot bo by die rand gekom het.

5. Hulle het ook vier koperringe gemaak waardeur die drastokkke vir die altaar gesteek kon word. Dit was aan die hoeke van die altaar vas.

6. Hulle het die drastokke van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.

7. Die drahoute is deur die ringe gesteek om die altaar te dra wanneer dit vervoer moes word. Die altaar was ’n houtkis wat van binne hol was.

8. Hulle het ook die kom met sy voetstuk waar die werkers hulleself moes gaan was, van koper gemaak. Die koper is geskenk deur die vroue wat by die ingang van die tent gewerk het. Hulle het hulle koperspieëls hiervoor gegee.

9. Verder het hulle ook ’n binnehof gemaak. Dit was ’n lapa reg rondom die tent. Die suidelike muur is van fyn linne gemaak. Dit was 44 meter lank.

10. Die twintig pale wat dit regop gehou het en die hakies waaraan dit gehang het, was van silwer. Die silwerpale het kopervoetstukke gehad.

11. Die muur aan die teenoorstaande kant van die binnehof was net so lank en het net soveel regop pale op kopervoetstukke gehad. Die gordyn voor die ingang het ook aan silwerhakies gehang en die regop pale waaraan dit vas was, was ook van silwer.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38