Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 24:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Jy en Aäron, Nadab, Abihu en 70 leiers uit Israel moet teen die berg uitklim en hier na die Here toe kom. Julle moet nie te naby aan My kom nie, maar op ’n afstand bly staan. Van daar af moet julle afbuig na die grond toe en My aanbid.

2. Terwyl die ander net daar bly, moet Moses dan alleen nader kom na die Here toe. Die volk self moet glad nie op die berg kom nie.”

3. Moses het toe na die volk toe gegaan en vir hulle alles gesê wat die Here vir hom gesê het. Hy het ook vir hulle die reëls gegee wat die Here vir hom gegee het. Die hele volk het toe geantwoord asof hulle uit een mond praat: “Ons sal alles doen wat die Here van ons verwag.”

4. Moses het ook alles neergeskryf wat die Here vir hom gesê het. Hy het vroeg die volgende oggend ’n plek aan die voet van die berg gaan bou waarop hulle vir die Here kon offer. Hy het ook vir elkeen van die twaalf families ’n regop klip rondom die altaar ingeplant.

5. Hy het toe twaalf jong Israeliete laat kom. Hulle het offers wat verbrand word en offers wat voor die Here geëet word, vir die Here gebring.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 24