Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:1-2-4 Die Boodskap (DB)

1-2. Die Israeliete het van Rafidim af verder getrek. Toe hulle presies drie maande uit Egipte weg was, het hulle in die Sinaiwoestyn aangekom. Hulle het aan die voet van berg Sinai kamp opgeslaan.

3. Moses het teen die berg uitgeklim na God toe. Die Here het bo van die berg af met hom gepraat en vir hom gesê: “Jy moet vir die nageslag van Jakob gaan sê, aan die Israeliete hierdie boodskap oordra:

4. ‘Julle het gesien wat Ek met Egipte gemaak het. Ek het julle veilig hier by hierdie berg laat uitkom. Ek was soos ’n arend wat onder haar kuiken vlieg en keer dat hy val wanneer die kuiken leer vlieg.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19