Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 18:2-5 Die Boodskap (DB)

Moses se skoonpa het toe by hom kom kuier daar waar hulle by die berg van die Here in die woestyn kamp opgeslaan het. Hy het Moses se vrou, Sippora, en sy twee seuns, Gersom en Eliëser, saam met hom gebring. Moses het hulle destyds uit Egipte teruggestuur om by sy skoonpa te gaan bly. Soos voorheen gesê, het hy die oudste seun Gersom genoem. Die naam het daarop gewys dat Moses ’n vreemdeling in ’n vreemde land moes word. Die tweede seun het hy Eliëser genoem. Dit het daarna verwys dat die God van sy voorouers hom gehelp het toe die farao van destyds hom wou doodmaak.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 18

Kyk Eksodus 18:2-5 in konteks