Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 10:8-12 Die Boodskap (DB)

8. Die farao het toe vir Moses en Aäron laat roep. Hy het vir hulle gesê: “Nou goed dan, gaan tog en loop bid tot die Here julle God. Maar sê my: Presies wie almal wil julle hê moet saamgaan?”

9. “Ons almal,” sê Moses vir hom, “ons wil almal gaan met ons jongmense en ons oumense, ons seuns en ons dogters. Ons wil ook ons kleinvee en ons beeste saamvat. Ons wil almal saam vir die Here ’n fees gaan hou.”

10. Hy sê toe vir hulle: “Die Here sal aan julle kant moet wees en julle help voor ek die dag julle almal en al julle afhanklikes sommerso sal laat gaan. Dit is duidelik dat julle ’n skelm plan in die mou voer.

11. Niks daarvan nie! Net die mansmense kan gaan om tot die Here te gaan bid. Dit is mos wat julle nog heeltyd bly vra het!” Hy het toe vir Moses en Aäron daar weggejaag.

12. Die Here het toe vir Moses gesê: “Steek jou hand uit en hou dit oor die hele Egipte sodat die sprinkane deur die hele land kan trek. Hulle sal elke groenigheidjie wegvreet wat na die haelstorm oorgebly het.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 10