Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 4:41-49 Die Boodskap (DB)

41. Voordat Moses verder met die volk gepraat het, het hy eers drie stede aangewys as veilige stede.

42. Iemand kon daarheen vlug as hy ’n persoon per ongeluk en sonder dat hy daardie persoon haat, doodgemaak het. In daardie stede sou so iemand dan veilig wees.

43. Vir die stam van Ruben is die stad Beser, ’n plek in die woestyn, gekies. Vir Gad is Ramot in Gilead en vir Manasse Golan in Basan aangewys.

44. Moses het toe die wet vir Israel gegee.

45. Dit was al die gebooie en voorskrifte waarvolgens hulle moes leef.

46. Hy het dit baie jare na die uittog uit Egipte gedoen terwyl hulle oos van die Jordaan in die Bet-Peorvlakte gekamp het. Bet-Peor het eers aan die Amoritiese koning, Sihon wat in Gesbon gewoon het, behoort. Moses en die Israeliete het hom egter verslaan.

47. Behalwe Sihon het hulle ook nog Og van Basan vernietig. Hy was die ander Amoritiese koning wat aan die oostekant van die Jordaan gewoon het.

48. Hulle gebied het van Aroër naby die Arnonrivier af tot by die Hermonberge gestrek.

49. Dit het ook die hele gebied oos van die Jordaan tot by die Dooie See en die Pisgaberg ingesluit.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 4