Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:2-14 Die Boodskap (DB)

2. Wanneer jy oor die Jordaan trek en in die land ingaan wat die Here jou God vir jou gee as jou eie land, moet jy daar ’n klomp klippe neersit as ’n gedenkteken. Jy moet die klippe wit verf.

3. Skryf dan alles op hierdie klippe neer wat die Here julle beveel het, wat sy ooreenkoms met julle is. Ek herhaal: binnekort gaan julle oor die rivier die land in wat die Here julle God vir julle gee. Dit is ’n land waarin daar oorgenoeg is van alles. Dis net soos die Here julle oupagrootjies en oumagrootjies belowe het.

4. Wanneer jy oor die Jordaan gaan, moet jy hierdie stene op Ebalberg pak. En jy moet hulle wit verf, net soos ek julle vandag beveel.

5. Dan moet jy daar ’n altaar van klippe bou vir die Here jou God. Jy moet klippe gebruik wat jy in die veld optel. Hulle mag nie gekap wees nie.

6. Moenie die klippe op enige manier kap nie. Op hierdie altaar moet jy offers aan die brand steek vir die Here jou God.

7. Bring daar offers vir die Here sodat Hy vir jou vrede kan gee. Hou daar ’n groot fees en eet en wees bly omdat die Here jou God saam met jou is. Hy is tussen julle.

8. Onthou om alles wat die Here julle beveel het, duidelik op die klippe neer te skryf sodat jy dit maklik kan lees.”

9. Toe het Moses en al die mense wat in die huis van die Here werk, die kleinkinders van Levi, vir Israel gesê: “Israel, wees stil. Luister baie mooi! Vandag het julle die volk van die Here julle God geword.

10. Daarom moet julle doen wat die Here julle God julle beveel. Julle moet alles doen wat ek vandag vir julle sê.”

11. Daardie selfde dag het Moses ook nog vir die volk gesê:

12. “Wanneer julle oor die Jordaan gaan, moet party stamme op die Gerisimberg gaan staan. Simeon en Levi en Juda en Issaskar en Josef en Benjamin moet aan daardie kant op die Gerisimberg gaan staan. Hulle moet vertel hoe die Here die volk voorspoedig gaan maak as hulle doen wat Hy hulle beveel.

13. Die stamme van Ruben en Gad en Aser en Sebulon en Dan en Naftali moet op die Ebalberg aan hierdie kant gaan staan. Hulle moet hardop sê hoe die Here die mense gaan straf wat nie doen wat Hy sê nie.

14. “Die Leviete moet dan vir die volk Israel skree:

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27