Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24:17-22 Die Boodskap (DB)

17. “Jy moet die vreemdeling wat by jou bly en die weeskind goed behandel. Jy moet sorg dat daar reg aan hulle gedoen word. Jy mag nooit die weduwee se klere van haar af wegvat om seker te maak dat sy iets wat sy by jou geleen het, terugbring nie.

18. Onthou dat julle slawe in Egipte was. En dink daaraan hoe goed die Here toe vir julle was. Hy het julle gered. Daarom beveel ek jou om so met vreemde mense te werk soos die Here aan jou gedoen het.

19. “Sê nou jy is besig om die oes op jou lande in te bring. Jy kom agter dat jy van die graan op die land vergeet het. Moenie teruggaan om dit te gaan haal nie. Nee, los die graan wat agterbly vir die vreemdelinge en die weeskinders en die weduwees. Hulle het niks anders om van te leef nie. As jy dit doen, sal die Here vir jou voorspoed gee in alles wat jy doen. Hy hou van vrygewige mense.

20. Maak net so as jy die olywe van jou olyfbome afslaan. Moenie nog ’n keer tussen die bome deurloop om te kyk of daar nie dalk ’n olyf agtergebly het nie. Los party van die vrugte doelbewus aan die bome sodat die vreemdelinge en die weeskinders en weduwees dit kan kom pluk.

21. Maak ook so wanneer jy druiwe in jou wingerd pluk. Moenie nog ’n keer deur die wingerd gaan en al die trosse oes wat agtergebly het nie. Los van die beste druiwe agter sodat die vreemdelinge en weeskinders en die weduwees dit kan vat. Hulle moet daarvan leef.

22. Onthou dat jy ook ’n vreemdeling was toe jy in Egipte gebly het. Jy het sonder betaling daar gewerk. En die Here het vir jou gesorg. Daarom sê ek vandag vir jou wat jy moet doen: sorg vir die vreemdelinge.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 24