Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 7:21-27 Die Boodskap (DB)

21. Terwyl ek besig was om te kyk het hierdie horing begin oorlog maak teen die mense wat aan God behoort het. Hy was besig om hulle te wen,

22. totdat die Een wat vir altyd lewe, gekom en ingetree het vir die mense wat aan die Allerhoogste behoort. Toe het die tyd aangebreek vir hierdie mense om as konings te regeer.

23. “Hy het dit so vir my verklaar: die vierde dier is ’n vierde wêreldmag wat op aarde sal kom, maar wat totaal anders as al die ander sal wees. Dit sal die hele wêreld probeer inneem en sal alles platvee wat in sy pad kom.

24. Die tien horings is tien konings wat die een na die ander in hierdie wêreldmag sal regeer. Na hulle tyd sal daar ’n ander koning kom wat heeltemal anders as die voriges is. Hy sal drie van die konings verslaan en oor hulle heers.

25. Hy sal vieslike dinge teen die Allerhoogste sê en die mense wat aan die Allerhoogste behoort, onderdruk en bitter swaar laat ly. Hy sal sy bes doen om hulle godsdienstige voorskrifte en feeste te verander. Hy sal vir ’n vasgestelde tyd oor die mense van die Allerhoogste regeer.

26. “Dan sal die hemelse hof besluit genoeg is genoeg, en die oordeel oor hom uitspreek. Hulle sal al sy mag van hom af wegneem en hom totaal en al vernietig.

27. Dan sal die alleenheerskappy, die mag en die rykdom van al die koninkryke van die wêreld aan die mense gegee word wat aan die Allerhoogste behoort. Hulle sal vir altyd regeer en al die heersers van die wêreld sal God dien en gehoorsaam.

Lees volledige hoofstuk Daniël 7