Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 10:19-21 Die Boodskap (DB)

19. Toe sê hy vir my: “Moenie bang wees nie, God het jou lief! Ontspan net, dit sal goed gaan met jou. Jy hoef vir niks bang te wees nie!”Dit het my beter laat voel en ek sê toe vir hom: “U kan nou maar praat, want ek voel sommer baie beter.”

20. Hy sê toe vir my: “Verstaan jy nou waarom ek na jou toe gekom het? Ek moet binnekort teruggaan om teen die beskermengel van Persië te veg. Nie lank daarna nie sal die beskermengel van Griekeland ook op die toneel verskyn.

21. Maar ek moet eers vir jou vertel wat in die Boek van die Waarheid geskryf staan. Daarna moet ek terug, want ongelukkig is daar niemand anders om my teen die ander twee beskermengele te help behalwe Israel se beskermengel, Migael, nie.

Lees volledige hoofstuk Daniël 10