Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 4:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Toe Saul se seun Is-Boset hoor dat Abner in Hebron dood is, het sy moed in sy skoene gesak. Al die Israeliete was lam geskrik.

2. Daar was twee mans by Is-Boset wat altyd die strooptogte gelei het. Die een se naam was Baäna en die ander een se naam was Rekab. Hulle pa was Rimmon, ’n man van Benjamin wat van Beërot af gekom het. (Beërot het vroeër aan die Benjaminstam behoort.

3. Die mense wat eers in Beërot gebly het, het na Gittajim gevlug. Hulle is vandag nog daar en het die regte van vreemdelinge.)

4. Behalwe Is-Boset was daar nog een man van Saul se familie oor. Sy naam was Mefiboset. Dit was Jonatan se seun. Sy bene was verlam. Toe die boodskap uit Jisreël kom dat Saul en Jonatan dood is, was hy maar vyf jaar oud. Die kinderoppasser het hom gegryp om weg te hardloop, maar sy was só haastig om weg te kom dat sy die kind laat val het. Van toe af is hy verlam.

5. Rekab en Baäna, Rimmon van Beërot se twee seuns, het een middag na Is-Boset se huis gegaan. Dit was op die warmste tyd van die dag, en hy het ’n middagslapie geniet.

6. Die twee het gemaak of hulle koring kom haal en het só tot binne-in die huis gekom. Hulle het Is-Boset doodgesteek en weer uitgeglip.

7. Toe hulle in die huis ingekom het, het Is-Boset nog op sy bed in die slaapkamer gelê. Daar het hulle hom doodgesteek en sy kop afgekap. Hulle het sy kop gevat en die hele nag al met die Jordaanvallei langs geloop.

8. Hulle het Is-Boset se kop vir koning Dawid in Hebron gevat en vir hom gesê: “Hier is die kop van Is-Boset, die seun van Saul, daardie vyand van u wat probeer het om u dood te maak. Die Here het vandag vir U Majesteit wraak geneem op Saul en sy kinders.”

9. Maar Dawid het vir Rekab en Baäna, Rimmon van Beërot se twee seuns, gesê: “So waar as die Here leef, Hy wat my uit baie moeilikheid gehelp het:

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 4