Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 21:15-16 Die Boodskap (DB)

Daar was weer oorlog tussen die Israeliete en die Filistyne. Dawid het saam met sy soldate gaan veg. Hulle kamp was in Gob. Dawid het baie moeg geword in die geveg. ’n Filistyn het toe gedink hy kan Dawid doodmaak. Hy was ’n reus van ’n man. Sy spies se bronspunt het meer as drie kilogram geweeg. Hy wou Dawid met sy nuwe swaard doodsteek.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 21

Kyk 2 Samuel 21:15-16 in konteks