Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1:15-26 Die Boodskap (DB)

15. Dawid roep toe een van sy jongmanne. “Kom hier!” sê hy vir hom. “Maak dié man van kant!”Die man het toe die Amalekiet doodgemaak.

16. Dawid se laaste woorde aan hom was: “Jou dood kan nie gewreek word nie, want jy het met jou eie mond erken dat jy die dood verdien toe jy gesê het: ‘Ek het self die gesalfde koning van die Here die doodsteek gegee.’”

17. Dawid het ’n treurlied oor Saul en sy seun Jonatan gedig.

18. Die lied se naam is “Die Boog”. Dit is opgeteken in die Boek van die helde. Dawid het gesê al die mense van Juda moet dit leer. Dit klink só:

19. Israel, op jou berge lê jou beste manne dood!Die helde het geval!

20. Vertel dit nie in Askelon, in Gat nie;hou dié nuus dig vir elke mens op straat!Want anders is die heidene weer bly,hou die Filistyne se vroue ’n fees!

21. Gilboaberg, jou vervloekte plek!Ek wens dit dou nooit op jou nie,ek hoop dit reën nooit op jou hoë weiveld nie.Op jóú lê daar ’n held se skild in die grond getrap.Dis Saul se skild vol bloed.Niemand sal dit ooit weerby die huis met olie smeer nie.

22. Jonatan se booghet altyd raak geskiet.Ja, jy kon maar weet:wanneer hy en Saul hulle swaarde uittrek,dan loop die bloed!

23. Saul en Jonatan, sy seun - die mense was baie lief vir hulle. Hulle was altyd bymekaar;nou is hulle ook saam in die dood.Hulle was so vinnig soos valke,so dapper soos leeus.

24. Vroue van Israel,julle moet huil oor Saul,oor die man wat vir julledie mooiste klere en juwele gegee het.

25. Die helde het gevaltoe die geveg op sy kwaaiste was.Op die berge van Israel lê Jonatan se lyk!

26. Ek is so hartseer oor jou, my broer,my heel beste vriend.Jou vriendskap was vir my meer werdas al die vroue se liefde.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 1