Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:9-17 Die Boodskap (DB)

9. maar dit sal nie jy wees wat die tempel bou nie. Een van jou seuns sal dit doen.’

10. “Nou het die Here sy belofte nagekom: ek het koning geword in my pa se plek en ek het die tempel tot eer van die Here, die God van Israel, gebou.

11. Ek het die ark in die tempel gesit. Die ark is die simbool van die ooreenkoms wat die Here met Israel gesluit het.”

12. Salomo het voor die hele volk by die altaar van die Here gaan staan en sy hande uitgesteek.

13. Hy het op ’n bronsverhoog gestaan wat hy in die binneruimte van die tempel gesit het. Die verhoog was vierkantig met sye van twee en ’n half meter lank. Dit was ’n meter en ’n half hoog. Hy het op die verhoog geklim en voor die hele gemeente van Israel neergekniel en sy hande na die hemel uitgesteek.

14. Toe sê hy: “O Here, God van Israel! Daar is nie in die hemel of op die aarde nog ’n god soos U nie. U hou u beloftes en bewys liefde aan almal wat aan U gehoorsaam is en wat graag doen wat U vra.

15. U het u belofte gehou wat U aan u dienaar Dawid, my pa, gemaak het. U het die belofte gemaak en nou het U dit uitgevoer.

16. O Here, voer tog nou ook die ander beloftes uit wat U aan hom gemaak het. U het vir hom gesê: ‘As jou nakomelinge reg optree en doen wat Ek vra, soos jy gedoen het, sal Ek sorg dat daar altyd een van hulle oor Israel regeer.’

17. Laat dit tog nou waar word, o Here.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6