Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 35:25-26 Die Boodskap (DB)

25. Jeremia het ’n treurlied oor Josia geskryf. Al die sangers en sangeresse sing tot vandag toe oor Josia in hulle treurliedere. Die liedere is in ’n bundel getiteld Die Treurliedere opgeneem.

26. Die res van Josia se geskiedenis, hoe hy geleef het soos die Here se wet sê ’n mens moet leef, word alles, van die begin tot die einde, vertel in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 35