Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30:22-27 Die Boodskap (DB)

22. Hiskia het die Leviete aangemoedig wat goeie insig in die diens van die Here getoon het. So het die fees vir sewe dae aangehou. Vredesoffers is gebring en die mense het hulle sonde teenoor die Here, die God van hulle voorouers, erken.

23. Die hele vergadering het toe besluit om die fees met sewe dae te verleng. Hulle het nog ’n week lank met vreugde feesgevier.

24. Koning Hiskia het vir die mense 1 000 bulle en 7 000 stuks kleinvee gegee en sy amptenare het nog 1 000 bulle en 10 000 stuks kleinvee gegee. Intussen het ’n groot aantal priesters hulleself ook gereedgemaak vir hulle diens.

25. Die hele vergadering van Juda was baie bly. Dit het die priesters, Leviete en al die mense wat van die land van Israel af gekom het, en almal wat in Juda gewoon het, ingesluit.

26. Daar was groot vreugde in die stad, want Jerusalem het nie sedert die dae van Salomo só feesgevier nie.

27. Die Levitiese priesters het opgestaan en die mense geseën. Uit sy heilige woonplek in die hemel het God hulle gebede verhoor.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 30