Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 22:7-12 Die Boodskap (DB)

7. Die besoek was egter ’n groot fout. Die Here het besluit om Ahasia te straf. Dit het só gebeur: Terwyl Ahasia by Joram gekuier het, het hulle twee uitgegaan om vir Jehu, Nimsi se seun, te ontmoet. Jehu is pas tevore deur die Here aangewys om Agab se koningshuis uit te wis.

8. Terwyl Jehu besig was om Agab se hele familie dood te maak, het hy op ’n groep familielede en amptenare van Ahasia afgekom. Hy het hulle ook doodgemaak.

9. Toe het hy na Ahasia begin soek. Van sy mense het vir Ahasia gekry waar hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom gevang en vir Jehu gebring. Jehu het hom toe ook doodgemaak.Ahasia is soos ’n koning begrawe, want die mense het gesê: “Hy was darem Josafat se kleinseun en Josafat het alles in sy vermoë gedoen om die Here te dien.”Na Ahasia se dood was daar niemand wat hom as koning kon opvolg nie.

10. Toe Atalia hoor dat haar seun, Ahasia, dood is, het sy besluit om ook die res van die koningsgesin uit te wis.

11. Ahasia se suster, Jehoseba, het egter Atalia se planne in die wiele gery. Sy was ’n dogter van koning Joram van Juda en sy het Ahasia se babaseuntjie, Joas, tussen die ander kinders weggevat, want sy het besef dat Atalia die kinders almal sou doodmaak. Sy het hom en sy verpleegster in ’n ander kamer gaan wegsteek. Op dié manier het Jehoseba, die vrou van die priester Jojada, Joas se lewe gered.

12. Hulle het hom ses jaar lank in die tempel weggesteek terwyl Atalia Juda regeer het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 22