Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 21:13-20 Die Boodskap (DB)

13. Jy het net so sleg soos al die ander konings van Israel geword. Jy het die mense van Juda en Jerusalem verlei om afgode te dien, net soos Agab met die mense van Israel gedoen het. Jy het selfs jou eie broers doodgemaak. Hulle was beter mense as jy.

14. Nou gaan die Here jou straf, maar nie net vir jou nie. Ook jou mense, jou kinders en jou vroue gaan erg getref word.

15. Jy gaan baie ernstig siek word. Die siekte sal chronies wees, totdat jou ingewande later sal uitkom.

16. Die Here het toe gesorg dat die Filistyne en die Arabiere wat naby die Kussiete woon, vyande van Joram word.

17. Hulle het Juda aangeval en die paleis beroof van alles wat waardevol was. Hulle het selfs sy vroue en kinders weggevat. Net een seun, Ahasia, die jongste, het agtergebly.

18. Daarna het die Here Joram met ’n chroniese siekte getref. Niemand kon hom gesond maak nie.

19. Na twee jaar was hy so siek dat sy ingewande uitgekom het. Hy het baie pyn gehad en is uiteindelik dood. Sy mense het nie soos gewoonlik by die dood van konings vir hom ’n begrafnisvuur aangesteek nie.

20. Joram was 32 toe hy koning geword het en het vir agt jaar regeer. Niemand was jammer toe hy dood is nie. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in een van die koninklike grafte nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 21