Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 19:5-11 Die Boodskap (DB)

5. Hy het dwarsdeur die land in die versterkte stede van Juda regters aangestel.

6. Hy het vir hulle gesê: “Wees versigtig in julle werk. Onthou dat julle as regters nie mense tevrede moet stel nie, maar vir die Here. Hy sal julle help wanneer julle uitspraak lewer.

7. Wees versigtig vir die Here en dink mooi wat julle doen, want die Here verdra geen onreg, partydigheid of omkopery nie.”

8. In Jerusalem het Josafat ook sekere Leviete, priesters en familiehoofde van Israel as regters aangestel. Hulle was verantwoordelik vir die toepassing van die wet van die Here en ook vir siviele hofsake tussen mense in die land.

9. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet altyd só optree dat julle die Here tevrede stel. Doen julle werk getrou en met toewyding.

10. As daar ’n saak van iemand uit die platteland voor julle kom en dit gaan oor ’n moord of ’n ander oortreding van een van God se instruksies, bevele, wette of reëls, moet julle hulle waarsku om nie sonde te doen nie. Dit sal keer dat die Here vir julle en vir hulle kwaad word. As julle dit só doen, sal julle nie skuldig wees nie.

11. Die hoogste gesag in alle godsdienstige sake is die hoëpriester Amarja. Die hoogste gesag in alle siviele sake is Sebadja, Ismael se seun wat leier is van die Judastam. Die Leviete sal julle help sorg dat die reg toegepas word. Staan sterk en doen julle werk goed. Mag die Here self sorg dat reg geskied!”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 19