Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 18:33-34 Die Boodskap (DB)

33. Een van die gewone Aramese soldate het sy boog gespan en ’n pyl weggeskiet sonder om na enigiets spesifieks te mik. Die pyl het vir Agab getref en tussen die plate van sy pantser ingesteek. Agab het besef wat gebeur het en vir sy strydwadrywer gesê: “Swaai om, kry my uit die geveg uit, want ek is gewond.”

34. Die geveg het egter al hoe hewiger geword en die hele dag lank aangehou. Agab het aan die kant van sy strydwa vasgehou en so regop gebly om teen die Arameërs te veg, maar teen sononder is hy dood.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 18