Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:12-19 Die Boodskap (DB)

12. asook skilde en spiese om die plekke verder te versterk. So het net Juda en Benjamin onder sy beheer gebly.

13. Al die priesters en Leviete wat tussen die noordelike stamme gewoon het, was aan Rehabeam se kant.

14. Die Leviete het selfs hulle grond en besittings verlaat om na Juda en Jerusalem te trek. Dit was omdat Jerobeam en sy seuns hulle nie wou toelaat om priesters vir die Here te wees nie.

15. Hy het sommer sy eie priesters aangestel vir die heiligdomme, afgode en kalwers wat hy gemaak het.

16. Al die mense uit die noordelike stamme van Israel wat graag die Here, die God van Israel, wou dien, het die priesters en Leviete Jerusalem toe gevolg. Daar kon hulle aan die Here, die God van hulle voorouers, offers bring.

17. Dit het die koninkryk van Juda versterk. Hulle het drie jaar lank vir Rehabeam, Salomo se seun, ondersteun. Hulle het toegewyd probeer om die Here te dien soos hulle dit in die tyd van Dawid en Salomo gedoen het.

18. Rehabeam het met sy niggie Magalat getrou. Haar pa was Jerimot, een van Dawid se seuns, en haar ma was Abihajil, ’n dogter van Isai se seun Eliab.

19. Hy en Magalat het drie seuns gehad. Hulle was Jeüs, Semarja en Saham.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11