Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 9:2-11 Die Boodskap (DB)

2. Gaan soek daar vir Jehu, die seun van Josafat en kleinseun van Nimsi. Roep hom weg van die ander offisiere af na ’n ander vertrek toe.

3. Wanneer julle alleen is, moet jy die olie op sy kop uitgooi. Sê dan vir hom: ‘Die Here sê: Ek salf jou tot koning oor Israel.’ Daarna moet jy die deur oopmaak en maak dat jy so vinnig moontlik wegkom!”

4. Die jong profeet het dit gedoen en na Ramot in Gilead toe gegaan.

5. Die bevelvoerders van die leër was juis bymekaar toe hy daar aankom. Hy het gesê: “Ek het ’n boodskap vir u, Generaal.”Jehu het gevra: “Vir wie van ons is die boodskap?”“Dit is vir ú, Generaal,” het die jongman geantwoord.

6. Jehu het toe opgestaan en saam met hom die huis ingegaan. Die jongman het die olie op sy kop uitgegooi en gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek salf jou om koning te wees oor my volk, Israel.

7. Jy moet die familie van Agab, vir wie jy gewerk het, uitwis. Dan wreek Ek My so op Isebel vir die moord op my profete en die ander mense wat vir die Here gewerk het.

8. Agab se familie moet almal doodgemaak word. Elke enkele manlike bloedverwant van Agab moet sterf!

9. Ek sal Agab se familie uitwis soos Ek Jerobeam, die seun van Nebat, en Baesa, die seun van Agija, se families uitgewis het.

10. Die honde sal Isebel se lyk op die plein in Jisreël vreet en niemand sal haar begrawe nie.’”Nadat hy alles gesê het, het die jongman die deur oopgemaak en gevlug.

11. Jehu het teruggegaan na die ander offisiere toe. Iemand het vir hom gevra: “Wat gaan aan? Wat wou hierdie kranksinnige kêrel by jou hê?” Jehu het geantwoord: “Julle weet tog almal hoe hierdie mense kan onsin praat!”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 9