Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Israel se nuwe koning was Joram, nog ’n seun van Agab. Hy het koning geword toe Josafat van Juda al agtien jaar lank koning was. Joram het vir twaalf jaar in Samaria regeer.

2. Die Here was nie tevrede met die manier waarop hy regeer het nie, maar hy was ten minste nie so erg soos sy ouers, Agab en Isebel, nie. Hy het darem die gedenksteen wat Agab vir die afgod Baäl opgerig het, laat wegneem.

3. Maar hy het nie alles reg gedoen nie. Hy het aangehou om die verkeerde dinge te doen waarmee koning Jerobeam begin het.

4. Koning Mesa van Moab en sy mense was skaapboere. Hulle het jaarliks belasting van 100 000 lammers en 100 000 skape se wol aan Israel betaal. Dit was die bewys van hulle lojaliteit aan Israel.

5. Ná Agab se dood het Mesa teen Israel gerebelleer.

6. Joram het dadelik saam met sy soldate van Samaria af vertrek om teen die Moabiete te gaan veg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3