Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 20:15-21 Die Boodskap (DB)

15. “Nou wat het hulle alles in jou paleis gesien?” het Jesaja gevra.“Alles,” het Hiskia geantwoord, “daar is niks wat ek vir hulle weggesteek het nie.”

16. Daarop sê Jesaja vir Hiskia: “Hier is ’n boodskap vir jou van die Here af:

17. ‘Eendag sal dit gebeur dat al die skatte in jou paleis en alles wat die Judese konings voor jou versamel het, na Babel toe weggedra word. Niks sal hier oorbly nie.

18. Jou eie seuns sal nog Babel toe geneem word om bediendes te word in die koning se paleis.’”

19. Hiskia het Jesaja geantwoord: “Die boodskap van jou is reg so,” maar hy het by homself gedink: “Daar sal ten minste vrede en veiligheid wees so lank as wat ek leef.”

20. Die res van Hiskia se geskiedenis word vertel in Die lewe en werk van al Juda se konings. Daar word ook vertel van die dam en watervoor wat hy laat bou het om water in die stad in te lei.

21. Ná Hiskia se dood het sy seun, Manasse, in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 20