Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:17-22 Die Boodskap (DB)

17. Hy sal ook tien persent van die aanteel van julle kleinvee vat. Julle sal self eintlik maar sy slawe wees.

18. As julle dan in die toekoms by die Here smeek om tog net ontslae te raak van die koning wat julle gekies het, sal Hy nie julle gebede verhoor nie.”

19. Maar die volk wou nie na Samuel luister nie. Hulle het gesê: “Nee, ons móét ’n koning hê!

20. Dan sal ons ook soos die ander nasies wees: ons koning sal vir ons ’n regter wees; hy sal ons lei en vir ons oorlog maak.”

21. Toe Samuel alles hoor wat die volk sê, het hy dit vir die Here gaan vertel.

22. Die Here sê toe vir hom: “Luister na hulle en stel ’n koning oor hulle aan.” Samuel het vir die familiehoofde gaan sê: “Gaan elkeen eers terug na sy dorp toe.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8