Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Maar vroeg die môre daarna lê Dagon wéér plat op sy gesig voor die ark van die Here. Sy kop en hande het afgebreek en het in die deur van die tempel gelê. Net Dagon se lyf was nog heel.

5. Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat na sy tempel in Asdod toe gaan, tot vandag toe nie op die drumpel van daardie deur nie.

6. Die Here het die mense van Asdod en die hele omgewing laat les opsê en hulle vol swere gemaak.

7. Toe die mense van Asdod sien wat gebeur, sê hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie hier by ons bly nie, want die hand van hierdie God is hard teen ons en ons god Dagon.”

8. Hulle roep toe die vyf regeerders van die Filistynse stadstate in Asdod bymekaar en vra: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?” Die regeerders sê toe: “Stuur die ark Gat toe.” Hulle vat toe die ark soontoe.

9. Maar toe die ark daar aankom, was daar groot moeilikheid op die dorp. Die Here het hulle hard geslaan en al die dorp se mense, groot en klein, vol swere gemaak.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5