Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die Filistyne het die ark van God van Eben-Haeser af Asdod toe gevat.

2. Daar het hulle die ark in die tempel van hulle god Dagon ingevat en dit langs die beeld van Dagon neergesit.

3. Vroeg die volgende dag, toe die mense van Asdod daar kom, sien hulle Dagon het plat op sy gesig geval voor die ark van die Here. Hulle het Dagon opgetel en hom weer regop op sy plek gesit.

4. Maar vroeg die môre daarna lê Dagon wéér plat op sy gesig voor die ark van die Here. Sy kop en hande het afgebreek en het in die deur van die tempel gelê. Net Dagon se lyf was nog heel.

5. Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat na sy tempel in Asdod toe gaan, tot vandag toe nie op die drumpel van daardie deur nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5