Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 29:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Die Filistyne het al hulle manskappe by Afek bymekaargebring. Die Israeliete se kamp was by die fontein wat in die Jisreëlvlakte is.

2. Die regeerders van die Filistynse stadstate het met hulle leërafdelings van honderde duisende man uitgetrek. Dawid en sy manne het saam met Akis die agterhoede gevorm.

3. Die Filistynse regeerders sê toe: “Maar wat soek hierdie klomp Hebreërs hier?”Waarop Akis hulle antwoord: “Dis mos Dawid, een van Saul, die koning van Israel, se offisiere. Hy is al ’n hele ruk by my. Vandat hy van Saul af weggeloop het tot vandag toe kon ek nog nie met hom fout vind nie.”

4. Maar die Filistynse regeerders was die joos in vir Akis en sê vir hom: “Laat die man dadelik omdraai! Stuur hom terug na die plek toe waar jy gesê het hy kan bly. Hy trek nie saam met ons uit oorlog toe nie. Netnou spring hy om in die geveg. Daar is nie ’n beter manier om sy koning se guns te wen as met ons eie mense se koppe nie!

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 29