Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 16:12-19 Die Boodskap (DB)

12. Isai het hom laat haal. Hy was ’n mooi kind met ’n seunsgesig en mooi oë. Toe sê die Here: “Dis hy! Staan op en salf hom.”

13. Samuel het die horing met olyfolie gevat en dit daar voor sy broers op Dawid se kop uitgegooi. Van daardie dag af het die Here se Gees in Dawid gewerk.Samuel het teruggegaan Rama toe.

14. Die Gees van die Here was nie meer by Saul nie. Saul het partykeer verskriklik bang geword, want die Here het toegelaat dat ’n slegte gees hom beetpak.

15. Saul se mense wat in die paleis werk, het vir hom gesê: “Ons weet wat die probleem is: u kry die aanvalle omdat ’n bose gees u beetpak.

16. U Majesteit moet maar net sê, dan soek ons dadelik iemand wat op ’n lier kan speel. As die bose gees u beetpak en die man speel vir u, sal u gou-gou beter voel.”

17. “Goed,” sê Saul, “kyk maar of julle iemand kry wat goed kan speel. Bring hom dan vir my.”

18. Een van die paleiswerkers sê toe: “Ek weet van iemand wat goed kan speel: een van die seuns van Isai wat in Betlehem bly. Hy is nie bang nie en hy kan goed veg. ’n Mens kan luister na wat hy sê, en hy is ’n mooi jong man. Die Here is by hom.”

19. Saul het toe vir Isai laat weet: “Stuur jou seun Dawid, die een wat skape oppas, na my toe.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 16