Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:10-19 Die Boodskap (DB)

10. Sy was sielsongelukkig. Sy het tot die Here gebid en terwyl sy vreeslik huil,

11. het sy ’n belofte gemaak. Sy het gesê: Magtige Here,ek is U nederige diensmeisie.As U regtig my moeilike omstandighede raaksienen my sal onthou en my nie vergeet nieen vir my ’n seunskind gee,sal ek hom vir sy lewe lank aan U, Here, teruggee.Sy hare sal nooit geskeer word nie.

12. Terwyl sy so aanhoudend voor die altaar bid, het Eli haar mond dopgehou.

13. Omdat Hanna in haar hart met die Here gepraat het en net haar lippe geroer het sonder dat haar stem gehoor kon word, het Eli gedink sy is dronk.

14. Hy sê toe vir haar: “Wanneer gaan jy ophou met jou gedrink? Los die drank!”

15. “U maak ’n fout, Meneer,” antwoord Hanna. “Ek het nie wyn of enige sterk drank gedrink nie. Ek is ’n baie ongelukkige vrou en ek het maar net my hart voor die Here uitgepraat.

16. Moet asseblief nie dink dat ek, ’n nederige mens, sommer ’n nikswerd vrou is nie. Dit is omdat ek bekommerd en ontsteld is dat ek so lank gebid het.”

17. Eli sê toe vir haar: “Mag dit met jou goed gaan, en mag die God van Israel vir jou gee wat jy Hom gevra het.”

18. Nederig het Hanna hom geantwoord: “Dankie dat u vir my goed is.” Sy het na haar mense toe teruggegaan en geëet. Sy het nie meer so ongelukkig gelyk nie.

19. Vroeg die volgende môre het Elkana en sy familie in die tempel voor die Here op hulle knieë gegaan en daarna teruggegaan na hulle huis in Rama.Elkana het by Hanna geslaap, en die Here het aan haar gedink.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1