Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:33-49 Die Boodskap (DB)

33. Die tempelmusikante en hulle seuns was: Heman die tempelsanger (uit die Kehatgroep) se familielyn is teruggevoer deur Joël, sy pa, na Samuel,

34. Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar en Kehat tot by Levi, Israel se seun.

39. Heman se eerste assistent was Asaf. Hy het regs van Heman gestaan. Asaf se familielyn tot by Levi het só gelyk: oor Berekja, Sima,

40. Migael, Maäseja, Malkija,

41. Etni, Serag, Adaja,

42. Etan, Simma, Simi,

43. Jagat tot by Gerson, Levi se seun.

44. Heman se tweede assistent was Etan (uit die Merarigroep). Hy het links van Heman-hulle gestaan. Etan se familielyn het teruggaan oor Kusaja, Abdi, Malluk,

45. Gasabja, Amasia, Gilkija,

46. Amsi, Bani, Semer,

47. Magli en Musi tot by Merari, Levi se seun.

48. Die tempelmusikante se familielede, wat ook Leviete was, is aangestel om verskeie ander take by die heilige plek, die huis van God, te verrig.

49. Slegs Aäron en sy seuns het egter as priesters opgetree. Net hulle kon diere by die altaar offer waar diere verbrand is en by die altaar waar wierook gebrand is. Hulle het ook die take verrig wat met die Allerheiligste deel van die tempel te doen gehad het. Hulle het die verhouding tussen Israel en God herstel volgens al die reëls wat Moses, God se werker, gemaak het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6