Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:26-40 Die Boodskap (DB)

26. Elkana, Suf, Nagat,

27. Eliab, Jerogam en Elkana.

28. Samuel se seuns was Joël, die oudste, en Abia, die tweede.

29. Merari se afstammelinge was Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

31. Dawid het die volgende mense aangestel om die sang in die huis van die Here te lei sodra die verbondsark daarin neergesit is.

32. Voordat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het, moes hulle die sang lei voor die heilige plek, die tent waar die Here sy volk ontmoet het. Hulle het volgens ’n vaste rooster beurte gemaak om die sang te lei.

33. Die tempelmusikante en hulle seuns was: Heman die tempelsanger (uit die Kehatgroep) se familielyn is teruggevoer deur Joël, sy pa, na Samuel,

34. Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar en Kehat tot by Levi, Israel se seun.

39. Heman se eerste assistent was Asaf. Hy het regs van Heman gestaan. Asaf se familielyn tot by Levi het só gelyk: oor Berekja, Sima,

40. Migael, Maäseja, Malkija,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6