Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:22-38 Die Boodskap (DB)

22. Kehat se afstammelinge was Amminadab, Korag, Assir,

23. Elkana, Abiasaf, Assir,

24. Tagat, Uriël, Ussia en Saul.

25. Elkana se afstammelinge was Amasai, Agimot,

26. Elkana, Suf, Nagat,

27. Eliab, Jerogam en Elkana.

28. Samuel se seuns was Joël, die oudste, en Abia, die tweede.

29. Merari se afstammelinge was Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

31. Dawid het die volgende mense aangestel om die sang in die huis van die Here te lei sodra die verbondsark daarin neergesit is.

32. Voordat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het, moes hulle die sang lei voor die heilige plek, die tent waar die Here sy volk ontmoet het. Hulle het volgens ’n vaste rooster beurte gemaak om die sang te lei.

33. Die tempelmusikante en hulle seuns was: Heman die tempelsanger (uit die Kehatgroep) se familielyn is teruggevoer deur Joël, sy pa, na Samuel,

34. Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar en Kehat tot by Levi, Israel se seun.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6