Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:4-17 Die Boodskap (DB)

4. Dié ses is in Hebron gebore, terwyl Dawid vir sewe jaar en ses maande daar koning was. Dawid is toe na Jerusalem, waar hy 33 jaar lank koning was.

5. Die volgende seuns is in Jerusalem gebore: Batseba se vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo,

6. asook ’n verdere nege seuns: Jibgar, Elisua, Elpelet,

7. Noga, Nefeg, Jafia,

8. Elisama, Eljada en Elifelet.

9. Dit was al Dawid se seuns behalwe dié seuns wat hy by sy byvroue gehad het.Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.

10. Salomo se nageslag was Rehabeam, sy seun, en dan in volgorde Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

12. Amasia, Asarja, Jotam,

13. Agas, Hiskia, Manasse,

14. Amon en Josia.

15. Josia se seuns was: Joganan, die oudste, Jojakim tweede, Sedekia derde en Sallum vierde.

16. Jojakim se seuns was Jojagin en Sedekia.

17. Jojagin, wat as gevangene na Babel weggevoer is, se seuns was Sealtiël,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3