Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die volgende seuns van Dawid is gebore toe hy nog in Hebron gewoon het: die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam van Jisreël was; die tweede was Daniël, wie se ma Abigajil van Karmel was;

2. die derde was Absalom, wie se ma Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur was; die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was;

3. die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was; die sesde was Jitream, wie se ma Egla was.

4. Dié ses is in Hebron gebore, terwyl Dawid vir sewe jaar en ses maande daar koning was. Dawid is toe na Jerusalem, waar hy 33 jaar lank koning was.

5. Die volgende seuns is in Jerusalem gebore: Batseba se vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3