Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:3-18 Die Boodskap (DB)

3. Dawid het hulle met die hulp van Sadok, uit Eleasar se nageslag, en Agimelek, uit Itamar se nageslag, in groepe ingedeel om hulle werk te doen.

4. Eleasar se nageslag is in sestien familiegroepe ingedeel en Itamar s’n in agt, omdat daar meer familiehoofde in Eleasar se nageslag was.

5. Hulle het die groepe deur loting ingedeel, sonder bevoordeling van enige groep, sodat die mense wat God in die heiligdom moes dien, uit sowel die Eleasargeslag as uit die Itamargeslag gekom het.

6. Die sekretaris was Semaja, ’n Leviet, Netanel se seun. Hy het die name in die teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete opgeskryf. Daar is elke keer twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem.

7. Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede lot het op Jedaja geval,

8. die derde op Garim, die vierde op Seorim,

9. die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,

10. die sewende op Kos, die agtste op Abia,

11. die negende op Jesua, die tiende op Sekanja,

12. die elfde op Eljasib, die twaalfde op Jakim,

13. die dertiende op Guppa, die veertiende op Jesebab,

14. die vyftiende op Bilga, die sestiende op Immer,

15. die sewentiende op Gesir, die agtiende op Pisses,

16. die negentiende op Petagja, die twintigste op Esegiël,

17. die 21ste op Jakin, die 22ste op Gamul,

18. die 23ste op Delaja, die 24ste op Maäsja.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24