Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:19-31 Die Boodskap (DB)

19. Dit was die groepe waarvolgens hulle hulle take in die huis van die Here kom uitvoer het. Dit moes gebeur volgens die reëls wat Aäron, hulle voorvader, neergelê het in gehoorsaamheid aan die opdragte van Jahwe, die God van Israel.

20. Hier is ’n lys van die familiehoofde van die ander Leviete: Subael uit die nageslag van Amram, Jegdeja uit die nageslag van Subael,

21. Jissija uit die nageslag van Regabja,

22. Selomit uit die nageslag van Jishar, Jagat uit die nageslag van Selomit,

23. Jerija, Amarja, Jagasiël en Jekamam, al vier uit die nageslag van Hebron,

24. Miga uit die nageslag van Ussiël, Samir uit die nageslag van Miga,

25. Sagaria uit die nageslag van Jissija, Miga se broer.

26. Magli en Musi was Merari se nakomelinge uit die nageslag van Jaäsija.

27. Soham, Sakkur en Ibri was Merari se nakomelinge uit die nageslag van Jaäsija.

28. Uit Magli se nageslag was daar Eleasar, maar hy het nie seuns gehad nie.

29. Jeragmeël uit die nageslag van Kis.

30. Die seuns van Musi was Magli, Eder en Jerimot.Hierdie is die nageslag van Levi.

31. Net soos die nageslag van Aäron, het hulle ook lootjies getrek vir hulle take, sonder dat senioriteit in ag geneem is. Dit het voor koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete gebeur.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24